Human & Rousseau


Sign up for our newsletter!
Bookmark with...

Author Focus

Authors List

Salemien Grobbelaar

Biographical info

Salemien Grobbelaar is oorspronklik van Schoemansville, Hartbeespoort, in Noordwes. Nadat sy in 1994 aan Hoërskool Hartbeespoort gematrikuleer het, het sy ’n BA en HOD verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch.

Ná haar studies het sy haar vlerke gesprei Holland toe om vir ’n jaar in Haarlem as au pair te werk. Soos die lot dit wou hê, het sy tydens ’n milleniummakietie in Rotterdam haar Hollandse man Gijs Hehenkamp ontmoet. Dit was ook in Holland dat sy die eerste keer vir Chris Chameleon ontmoet het tydens ’n Boo!-optrede.

Salemien woon die afgelope 14 jaar dolgelukkig in Rotterdam saam met Gijs en hulle dogtertjie Nina Noëlle. Sy werk deeltyds in Den Haag en skilder (kinderkuns) op haar vrye dae. Omdat sy meestal vir kinders skilder, fokus sy graag op helder kleure en bedrywige insekte. “Ek is gebore met die son van Afrika in my siel, en dit weerkaats in my skilderkuns,” sê sy. Dit was nie ek nie! is haar eerste boek.

Books By This Author